Wenke om verhuising makliker te maak vir jou troeteldiere

KATTE

Katte vorm n besliste band met hul woning, maar n paar voorsorgmaatreels kan verseker dat katte hul nuwe woonplek ook geredelik en maklik aanvaar.

Oppak en trek tyd
Wanneer die tyd aanbreek om te verhuis en die meubelvervoer wa opdaag, maak seker dat u u kat in n veilige vertrek toesluit ten einde te voorkom dat die kat blootgestel word aan die geskarrel wat plaasvind ten tye van laai en verhuis. Sodoende kan u ook verhoed dat u kat nie per abuis in n houer of karton klim en saam met die res van die meublement gelaai word in die vervoer wa.

Vervoer van u kat
Maak gebruik van spesiaal ontwerpte kat houers, dit sal verhoed dat u kat nie verboureerd raak en ten tye van die eerste beste geleentheid by die venster uitspring nie.

Bekendstelling van u kat
Hou u kat in die houer, sit hom neer op n stil hoekie in die huis, en wag tot almal tot ruste gekom het en die vervoer wa reeds vertrek het. Maak seker alle deure en vensters is toe, en sit ook n skerm voor die skoorsteen van n kaggel, hierdie mag as n wegkruipplek dien as hy uitkom!

Hou u kat in n spesifieke vertrek vir n paar dae, dit sal die aanpassing in die nuwe huis vergemaklik en sal hy dan genee wees om die res van die huis te ontdek soos hy gewoond raak aan sy nuwe omgewing, bietjie bietjie op n slag!
HONDE

Ons honde vriende vind dit net so moeilik om aan te pas by n nuwe omgewing soos hul eienaars . Neem hul vir daaglikse wandelinge en gee hul kans om die nuwe plek te verken en te leer ken. Die neem van wandelinge sal ook daartoe bydra dat hul van ekstra energie ontslae raak!

Groet u hond rustig as u vertrek en met dieselfde rustigheid as u terugkeer, dit sal ook voorkom dat daar onnodige spanning op hul geplaas word.

Hondeliefhebbers wil graag hul hondekinders bederf, maar probeer vir eers die bekende hou en moenie dadelik nuwe beddens en water- en kosbakke gaan koop nie. ‘n Goeie bederfie sal ‘n speelding wees.

Maak seker u nuwe omgewing is veilig alvorens u u troeteldier loslaat in u nuwe omgewing:

Giftige middels – kyk in die garage, tuin huisie en op rakke of die vorige eienaars nie dalk giftige items agter gelaat het nie. Let veral op na rottegif en slakgif.
Maak seker daar is nie gate in die heining nie.
Gooi alle ou bene en plastiese voorwerpe weg wat mag rondle aangesien dit tot verstik en versmoring kan lei.
Maak seker u troeteldier het n leiband met n naamplaatjie en telefoonnommer op.

Dan, laaste maar nie die minste, geduld oooo wonderskone geduld, gee almal kans en jul sal baie gelukkig wees in die nuwe tuiste!

KRY KWOTASIE